About this role
Afstandwerk (Remote) Hou jy daarvan om te gesels en klets op die foon?, nuwe mense te ontmoet en geleenthede raak te sien waar ander dit miskyk? HALFDAG TELESALES "FREELANCE" / "BUSINESS DEVELOPMENT" GELEENTHEID Kandidate in die volgende areas sal voorkeur geniet: Lynnwood, Equestria, La Montagne, Meyerspark, The Willows, Silverton Salaris: Vaste tarief per uur + prestasiebonus (sal gedurende die onderhoud bespreek word) ’n Groeiende maatskappy is opsoek na ’n jong dinamiese kandidaat met ervaring in telesales ("business development") om nuwe kliënte werf. Hierdie is 'n halfdag, "freelance" geleentheid waar jy vanuit die gerief van jou eie huis kan werk. Vereistes: Matriek Minimum 1 jaar telesales / "business development", verkieslik binne 'n werwingsagentskap Vlot in Afrikaans en Engels (praat, skryf, lees) Rekenaargeletterd (MS Office Suite asook MS Outlook) Gemaklik met MS Teams / Zoom Goeie kennis van LinkedIn, Facebook en Google search Eie laptop, selfoon en betroubare internetverbinding Bestuurslisensie en eie vervoer sal 'n aanwins wees Goeie navorsingsvaardighede en die vermoë om nuwe kliënte en besluitnemers op te spoor Stil en ingerigte werkspasie by die huis (Kliënte wil nie saam met jou oproep na die honde, TV of die buurman se grassnyer te luister nie! 😊) Uitstekende telefoonetiket en kommunikasievaardighede Voordele: Halfdag / "freelance" geleentheid Salaris pakket (sal gedurende onderhoud bespreek word) Werk vanuit die gerief van jou eie huis Beltyd vir werksdoeleindes sal voorsien word Ondersteuning en leiding vanaf bestuur Opleiding waar nodig Nodige interne dokumente / inligting word deur die maatskappy voorsien Die geskikte kandidaat moet oor die volgende vermoë beskik: Gemaklik om oproepe te maak en spontaan te gesels Daarvan hou om met mense te werk en verhoudings te bou Vinnig nuwe dinge leer Hou van 'n uitdaging en om resultate te lewer Selfstandig, betroubaar en professioneel Tyd goed bestuur en ure eerlik rapporteer Geleentheid om saam met 'n groeiende besigheid te ontwikkel Potensiaal om later in ’n permanente, kantoorgebonde pos te ontwikkel As jy lus is vir ’n uitdaging, doen nou aansoek! Dankie vir jou aansoek! Indien jy nie binne 7 werksdae van ons hoor nie, was jou aansoek ongelukkig nie suksesvol nie 078 619 0724